Songtexte.com Drucklogo

Vir Jou Songtext
von Laurika Rauch

Vir Jou Songtext

Vir jou wens ek ′n son
Wat liggies oor die aarde stap
En daar lieflik blom
In helder kleure aanmekaargelap
Mm... Vir jou wens ek 'n son
En vir jou wens ek ′n see
Wat rustig aan die rotse lek
En skulpe vir jou gee
Om in die poele te kan herontdek
Mm... vir jou wens ek 'n see
En vir jou wens ek 'n maan
Wat altyd vol en voller loop
En sterre waarmee jy
Die hemel self sal oop kan knoop
Vir jou wens ek ′n mens
Wat lief vir jou sal wees
By wie jy dag na dag
Dieper deure kry


En saam-saam ryg julle groepies genot
In een vir jou en een vir my
In rooi halsstringe op
Mm...
Vir jou wens ek ′n wêreld
Wat mooi moet wees en oop
En sonder seer
En sonder oorlog
En sonder hongersnood
Vir jou net vir jou

Refrein

Songtext kommentieren

Log dich ein um einen Eintrag zu schreiben.
Schreibe den ersten Kommentar!

Quiz
Wer singt über den „Highway to Hell“?

Fans

»Vir Jou« gefällt bisher niemandem.