Songtexte.com Drucklogo

Sê Groete Vir Triëst Songtext
von Laurika Rauch

Sê Groete Vir Triëst Songtext

′N Skip vaar op uit Tafelbaai
Die sewe seë tegemoet
Wie bly agter op die kaai
Wat saamgekom het om te groet
En wie bly agter op die kaai
En wie staan op die dek en waai

O skip wat in die nag verdwyn
Stuur al my liefde vir Berlyn
En Lissabon en Boekarest
En sê ook groete vir Triëst

O ek onthou weer ek onthou
Die Swartwoud en die Blou Donau
'N Klein hotel in Badenfest
En dan is daar Triëst


My hart is altyd elders
Wie weet waarnatoe toe op pad
Van die een plek na die ander
Oor Moembaai en Islamabad
Van die een plek na die ander
Soos na Sivilla en Santander

O skip wat in die nag verdwyn
Stuur al my liefde vir Berlyn
En Lissabon en Boekarest
En sê ook groete vir Triëst

O ek onthou weer ek onthou
Die Swartwoud en die Blou Donau
′N Klein hotel in Badenfest
En dan is daar Triëst

Tussenspel

Ek wonder hoeveel treine
Van Napels af tot in Milaan
Het ons doelbewus verpas
En op ons spore trug gegaan
En op ons spore trug gegaan
Na al die plekke waar ons was

O skip wat in die nag verdwyn
Stuur al my liefde vir Berlyn
En Lissabon en Boekarest
En sê ook groete vir Triëst


O ek onthou weer ek onthou
Die Swartwoud en die Blou Donau
'N Klein hotel in Badenfest
En dan is daar Triëst

Valencia, Boekarest
En dan is daar Triëst
Badenfest, Carcasonne
En dan is daar Triëst
Moembaai, Lissabon
En dan is daar Triëst

Songtext kommentieren

Log dich ein um einen Eintrag zu schreiben.
Schreibe den ersten Kommentar!

Fans

»Sê Groete Vir Triëst« gefällt bisher niemandem.