Songtexte.com Drucklogo

’n Sonneblom Uit Bethlehem Songtext
von Laurika Rauch

’n Sonneblom Uit Bethlehem Songtext

Nog ′n somerson kersfees
Want die koningskind verjaar
Ek skryf vir jou uit die noorde
En sal die posduif vra
Sal hy gaan draai in die suide
By die berg en die see
En daar waar my liefde
Kaalvoet loop
Die nota vir jou gee

Ek bring vir jou 'n sonneblom uit Bethlehem
En gee dit water op Bloemfontein
Uit Hanover bring ek kappertjiesaad
Uit die tuin van nr 3 Darlingstraat
En hanepoot druiwe uit die Paarlvallei


Nog ′n somerson kersfees
Want die koningskind verjaar
Die suiderkruis my kompas
En 'n eng'le koor ry saam
En my hart gesels langsaam
Oor die liefde, en ek weet
Die herberg lê om die draai
Jy wag vir my by die see

Ek bring vir jou ′n sonneblom uit Bethlehem
En gee dit water op Bloemfontein
Uit Hanover bring ek kappertjiesaad
Uit die tuin van nr 3 Darlingstraat
En hanepoot druiwe uit die Paarlvallei

Ek bring vir jou ′n sonneblom uit Bethlehem
En gee dit water op Bloemfontein
Uit Hanover bring ek kappertjiesaad
Uit die tuin van nr 3 Darlingstraat
En hanepoot druiwe uit die Paarlvallei
En hanepoot druiwe uit die Paarlvallei

Songtext kommentieren

Log dich ein um einen Eintrag zu schreiben.
Schreibe den ersten Kommentar!

Quiz
Welcher Song kommt von Passenger?

Fans

»’n Sonneblom Uit Bethlehem« gefällt bisher niemandem.