Songtexte.com Drucklogo

Maans danster Songtext
von Laurika Rauch

Maans danster Songtext

Sy naam is Maans Danster
Hy kom van baie baie ver in die wêreld
Hy dans waar hy gaan
En hy dans waar hy staan
En jy stem seker saam
Hy′s 'n lekker kêrel
En baie van die mense dink
Hy′s 'n bietjie aan die dom kant
Maar glo vir my hy's eintlik slim
Want hy gaan sy gang en hy dans sy dans
Hy vat sy kans waar hy kan
Hy swaai nou hier en dan draai hy daar
En hy dans jou gans deurmekaar


Maans het allerhande wonderlike
Dinge op sy waentjie
Daar′s snuisterye en daar′s snoeperye
En dit bly 'n gawe karavaantjie
Die mense sê hy is al twintig jaar
Jaar vir jaar klokslag daar
Hy smous verweel en dit kos nie veel nie
Hy maak ook heel waar hy kan
Daar′s paprika, lap vir Afrika
Hy verkoop ook twak by die span

Maans het allerhande wonderlike dinge
Op sy waentjie
Maans het allerhande wonderlike dinge
Op sy waentjie

Die ouer mense sê
Die ou is maar 'n effe aan die dom kant
Maar dit lyk of hy die lewe ken
Want hy gaan sy gang
En hy dans sy dans
En hy vat sy kans waar hy kan
Hy sing sy lied sommer puur verniet
En hy speel verdriet na die maan
Hy swaai nou hier en dan draai hy daar
En hy dans jou gans deurmekaar

Maans het allerhande wonderlike dinge
Op sy waentjie
Sy naam is Maans Danster
Hy kom van baie baie ver in die wêreld


Sy naam is Maans Danster
Hy kom van baie baie ver in die wêreld

Sy naam is Maans Danster
Hy kom van baie baie ver in die wêreld

Songtext kommentieren

Log dich ein um einen Eintrag zu schreiben.
Schreibe den ersten Kommentar!

Fans

»Maans danster« gefällt bisher niemandem.