Songtexte.com Drucklogo

Afrikaans Sal Bly Songtext
von Elandré

Afrikaans Sal Bly Songtext

Hoe sou dit wees?
As jy kon wees wie jy is
As jy kon leef
Sonder vrees in jou hart
Sou jy kan trots wees
Op Ingrid en Antjie se werk?
Sou die kleur van jou vel
Net ′n klein deel vertel
Van wie jy is?


Wat as ek sê daar is meer as bloed in jou hart
Wat as ek sê daar plek vir my en jou in ons land
Sou jy my glo as ek sê ons moet veg vir dit wat ons een maak
Afrikaans jy's meer as ′n taal
Jy's wat ons laat sin maak
Sal jy jou oë omsluit vir wat om ons aangaan?
Sal jy as die jeug, bou en laat voortgaan?
Sal jy uit Psalms ons land weer as almal s'n erken?
Sal jy saam ons bid dat Hy ons land sal seën?

Wat as ek sê daar is meer as bloed in jou hart
Wat as ek sê daar plek vir my en jou in ons land
Sou jy my glo as ek sê ons moet veg vir dit wat ons een maak
Afrikaans jy′s meer as ′n taal
Jy's wat ons laat saak maak

Ons kan beter wees verseker
Ons almal smag na eenheid in ons land
Wat jy soek sal jy kry
Afrikaans sal bly

Wat as ek sê daar is meer as bloed in jou hart
Wat as ek sê daar plek vir my en jou in ons land
Sou jy my glo as ek sê ons moet veg vir dit wat ons een maak
Afrikaans jy′s meer as 'n taal
Jy′s wat ons laat sin maak

Afrikaans jy's meer as ′n taal
Jy's wat ons laat saak maak


Afrikaans jy's meer as ′n taal
Dis jy wat ons een maak

Songtext kommentieren

Log dich ein um einen Eintrag zu schreiben.
Schreibe den ersten Kommentar!

Beliebte Songtexte
von Elandré

Fans

»Afrikaans Sal Bly« gefällt bisher niemandem.